|
Newsflash
CD Launch, 17 September 20h30 Speedway
Cafe, Gardens Cape Town
...Die
ewige soeke na die klankflans van...basterwees...
amaBhulu?, 'n folk band
uit die Boland uit, gooi 'n allegaartjie
van folk,
kwela, blues, reggae, country, tango,
gypsy en melankoliese ballades saam, so
vêr as moontlik vermeng met 'n lekkie
boeremusiek.
Die band se oorspronklike komposisies
is gebed en gebodem in Wes-Kaapse Afrikaanse
spreektaal en die lirieke raak slaags
met al wat ’n groot vraag is, van
alleenlopery, die liefde en verlies, tot
eietydse spanninge tussen kultuurvervreemding
en -affiliasie, tuiswees en weg-wil-wees
... alles met 'n stewige tong in die kies.
Musikale invloede is divers en uiteenlopend—van
David Kramer en Nico Carstens aan die
een kant tot Pink Floyd en verskeie wereldmusiek,
veral van Afrika aan die ander kant.
|