Photos

Contact us

Links

Dis wat die fans sê:

Wat meen jy geniet!? Dit was GREAT !
Toe ons daar aankom was julle besig met 'n instrumental. Die klanke was heel
kontinentaal en ek verwag toe Engels. Was ek darem lekker verras toe julle
later (met die res van die band op die stage) laat waai op Afrikaans. Die
bier was lekker, maar wragtrag nie so lekker soos om sulke lieflike musiek
in my eie taal te hoor nie. Julle stage was classic en die reën was 'n
enhancement op die hele tema.
Ons sal definitief wyd uitpraat.
Ben Burger

Liewe Heine,
Ja ek was absoluut gaande oor Winternag. Dit het behoorlik elke haartjie op
my lyf laat penorent staan van lekker luister!!!
Laat weet ook waar julle weer optree. Ek is van laas Sondag af julle
grootste FAN.
Mooi bly
Nelia Schutte

Jou songs is beautiful. Het my gekraak vir Bobby Angel en Charles Jacobie! - Gustav Franzsen

Fantastic band - cut a cd please - Lucille Danbeney

Julle klink sommer lekker man - Thana Nel

Saterdag aand was great - het julle musiek baie geniet!
Hou my asb. op hoogte van toekomstige shows.
Enrique Goosen

We really enjoyed your music on Sunday and hope to hear more.
Douglas van der Horst