Biography
amaBhulu? Het sy onstaan gehad in die herfs
van 2005 toe Heine du Toit as Electronika producer
en DJ
Opperman verveeld geraak het met elektroniese
perfeksie en sy hand aan akoustiese folk musiek
wou waag.
As interpreteerder van karakters en die ewige
soeke na sy eie indiwiduele gom na stam begin
die reis deur herinterpretasies van Dawid Kramer
en ander traditionele groepe soos die Briels.
Hy op kitaar en stemme sleep toe sy suster Christine
Vandenheede op bas, Marleze Smit op klawers
Mikey D op Perkussie Willie Lategan,Linda Padfield
op backing vocals en Helen Nepgen op viool,
saam die afgrond in.
Na 'n maand of so word die band
bevrug deur die energieke, authentic Elmez 'the
badhorse' Badenhorst op pensklavier en banjo
en begin die dinge tol.
Open mike aande , 'n regte set by die Acoustic
cafe in Muizenberg , private shows ens volg
totdat
Christine en Linda pregnant raak...en Heine
se nering na die platteland te groot raak....dus
verval amaBhulu toe in hibernasie met Heine
en Elmi as enigste yweriges oor...
Dit was 'n jaar later toe Heine
met Hendre Retief en Dawid de Villiers van die
ook dormante alternatiewe folk outfit, Jeremiah
Brimstone Band opkinnek op sy nuwe blyplek
, 'n plaas buite Wellington.
Die twee halwe bands besluit toe om kragte saam
te span, maar om hulle eie identiteite te hou
en as twee bands indiwidueelte bly optree.
Met Dawid op Bas en Banjo en Hendre op perkussie
was amaBhulu? weer op dreef.
Andre Loubser join toe op lead guitar vir 'n
wyle en die klank kry toe finaal sy lê
toe Natalie 'Viola' Mason van Birmingham op
altviool by hulle aansluit.
Die naam amaBhulu? Vertaal uit
Xhosa uit as 'die boere' is 'n komieklike verwysing
na die dualiteit van 'n verouderde stam identiteit
en die bevrydende potensiaal van wortels eien
dus die vraagteken aan die einde...
Vandag speel amaBhulu? uitsluitlik
oorspronklike material diep gewortel in wereldmusiekstyle
van kwela tot blues, country tot reggae, tango
tot riel, vrylik verbaster met boeremusiek en
bipoleer van die uitspattige tot diep en donker
melankolie...
Die band se oorspronklike komposisies
is gebed en gebodem in 'n Wes-Kaapse Afrikaanse
spreektaal en die lirieke raak slaags met al
wat n groot vraag is, van alleenlopery,
die liefde en verlies, tot eietydse spanninge
tussen kultuurvervreemding en -affiliasie, tuiswees
en weg-wil-wees ... alles met 'n stewige tong
in die kies.
Musikale invloede is divers en uiteenlopend?an
David Kramer en Nico Carstens aan die een kant
tot Pink Floyd en verskeie wêreldmusiekfusion
, veral van Afrika aan die ander kant.
Dus...amaBhulu?die ewige soeke
na die klankflans van basterwees
|