Photos

Contact us

Press kit

Oudshoorn militêre orkes 1988

Oppistasie video 2010

dj Opperman 1999

Heine du Toit het sy musiekloopbaan begin as 'n side drummer in die kadet orkes op ouderdom 15.
Dit was bo op die rugbyveld toe die bas, tenoor en side dromme soos 'n gun skoot ingeval het dat hy besef het sy lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.
Hy't op sewentien die kitaar begin tokkel, maar gegewe sy lui leeu natuur, die ding eers semi-ernstig begin slaan in sy laat twintigs en toe in 2005 besef dat dis nou of nooit en amaBhulu? begin.
Rondom sy 29ste jaar het hy ook begin opereer as sy alterego dj Opperman en hom as DJ en elektronika producer bekwaam.
Hy't sy informele opleiding op die pad gedoen deur onder andere die blues te gaan opsoek in Memphis en Chicago,en by San Fransisco se Haight Ashbury op die hippie vibrasies probeer inconnect.Toe ook as techno/trans/lounge student in Londen en Amsterdam gaan huiswerk doen en ook die trips na Skotland en Ierland om sy Keltiese wortels te gaan eien.Dan was daar onlangs 'n musiekreis na Indie om die worship/trans kultuur te bestudeer.
Met die voltooing van 'n sirkel besef hy egter dat die ware liefde lê êrens tussen Kwêla, Vastrap en Boeremusiek sonder om die mistigheid van sy Europese wortels te ontken.

Dus amaBhulu? ...die ewige soeke na die klankflans van basterwees...
Hy is voltyds musiek producer en is veral liries oor Wes Kaapse inheemse musiek.