Photos

Contact us

Press kit

Elmez se ma het haar leer cha cha op Nico Carstens se Goue Plaat. Deur die pos bestel met Reader's Digest tot binne in Worcester se seventies sitkamer met sy properse fake wood HiFi. Elmez se ma was 'n musiek onderwyseres en 'n beautiful dromer wat van kleins af die deure van musiek vir haar oopgesluit het. In fact, sommer die sleutel vir haar gegee het. Sy't eers op die klavier leer plonk en haar eerste kitaar in standerd vyf gekry omdat sy eerste gestaan het. Dadelik 'n goue strep gaan koop sodat sy kon staan en speel en van toe af in Keith Richard verander. Elmez tokkel en blaas op verskeie instrumente, maar die donkie longe is haar passie want jy speel hom met jou hele lyf. Sy is 'n dosent by UCT en besig met 'n PhD in Higher Education. Haar lewensfilosofie is "feeling good is good enough" maar sy kry dikwels die slotsom verkeerd. Hoop maar altyd vir die beste. As sy na 'n eiland verban word, sal sy al Bob Dylan se plate, al Pink Floyd se plate en al Leonard Cohen se plate saamvat. En ook "n skuimkop en die reuk van Cobra polish in die huis waar jy 'n kind was.