Photos

Contact us

Links


   

...Die ewige soeke na die klankflans van...basterwees...

amaBhulu?, 'n folk band uit die Boland uit, gooi 'n allegaartjie van folk, kwela, blues, reggae, country, tango, gypsy en melankoliese ballades saam, so vêr as moontlik vermeng met 'n lekkie  boeremusiek.
Die band se oorspronklike komposisies is gebed en gebodem in Wes-Kaapse Afrikaanse spreektaal en die lirieke raak slaags met al wat ’n groot vraag is, van alleenlopery, die liefde en verlies, tot eietydse spanninge tussen kultuurvervreemding en -affiliasie, tuiswees en weg-wil-wees ... alles met 'n stewige tong in die kies.
Musikale invloede is divers en uiteenlopend—van David Kramer en Nico Carstens aan die een kant tot Pink Floyd en verskeie wereldmusiek, veral van Afrika aan die ander kant.


Gig Guide

Where?
When?
Contact
The Barn
Riebeeck Kasteel
Saturday 19 June 19h30
0833212601
Fifa Fanpark
Grand Parade
Thursday 24 June 19h15
0833212601
Alma Cafe
Rosebank
Sunday 15 August 18h30
021 6857377

Wie is ons?
Hoe klink ons?
Hoe lyk ons?
Wat sê die mense?